U word hartlik uitgenooi na ons musiekkonsert eerskomende Woendagaand om 18:30 in die skoolsaal. In hierdie viering van ons vakmusiekleerlinge se talent sal hulle ons in ‘n wye verskeidenheid musiekstyle vermaak. Kom ondersteun asseblief hierdie musikante en geniet ‘n aand propvol vermaak! Toegang is gratis.