Die Hoërskool Jan van Riebeeck Skoolkoor en enkele soliste van die Welgemeend Skool vir Musiek neem op Sondagoggend, 22 Maart, om 10:00, deel aan ‘n Paassangdiens by die Tamboerskloof NG-kerk. Ons nooi u hartlik uit om die gees van Paasfees by hierdie spesiale geleentheid saam met ons te ervaar.