Die 2027-temas vir ATKV-Redenaars is bekend! Nou is dit tyd om ’n tema te kies, ’n beredeneerbare onderwerp daaruit te formuleer, jou navorsing te doen, jou argumente te slyp en jou stem te laat hoor.
Ons sal vroeg volgende jaar ‘n redenaarsopleidingsessie aanbied om alle belangstellendes te help met die moets en moenies van die toespraak se skryfproses en aanbiedingsvaardighede.
Graad 8 en 9 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereid)
  • Grondslag
  • Weerklink
  • Tempo
Graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereid)
  • Rompslomp
  • Tweespalt
  • Perspektief
Die tema is slegs die begin. Die uitdaging lê daarin om dit op ’n oorspronklike manier te interpreteer, ’n onderwerp daaruit te formuleer terwyl jy ’n duidelike standpunt daaroor inneem en oortuigende argumente daarvoor te bou.
Sterkte met jou voorbereiding. Ons sien daarna uit om in 2027 te hoor wat jy dink – en, nog belangriker, waarom jy dit dink.
0 Shares
X