Hoërskool Jan van Riebeeck is baie opgewonde om weereens die TAFELBERG KOORFEES aan te bied.

Kom geniet om 18:00 op Maandagaand, 3 Augustus, ‘n aand van uitnemende koorsang in Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolsaal.

Die kore van Laerskool Jan van Riebeeck, Laerskool Excelsior, Laerskool Table View, Hoërskool Durbanville-Curro en Hoërskool Jan van Riebeeck neem deel aan hierdie spoggeleentheid.

  • Kaartjies beloop R50 en toegang vir laerskoolkinders is gratis.
  • Kaartjie is op Quicket beskikbaar https://qkt.io/N2l1Mc

Versnaperinge en ligte etes sal vanaf 17:00 by ’n snoepwinkel en by Hoërskool Jan van Riebeeck se restaurant beskikbaar wees.

Moenie hierdie besondere konsert misloop nie.

0 Shares
X