Interskole week begin oor slegs 3 dae, en ons kan nie wag om hierdie besonderse week saam met ons JvR-gemeenskap te vier nie.ย In ons 100ste bestaansjaar is dit besonder spesiaal om diรฉ week in ware JvR-styl af te skop โ met โn Seรซndiens in ons eie skoolsaal op Maandag, 10 Augustus.ย Almal is hartlik welkom om die diens saam met ons by te woon!
- Dinsdag, 11 Augustus
Die kompetisie tussen JvR en Dirkie Uys skop behoorlik af! Die tafeltennisspanne open eerste die tafels, waarna die dominoes hul intrek neem. Die landloop span eindig weer vir ons die dag onder die mooie Tafelberg af. - Woensdag, 12 Augustus
Ons kultuurleerders skud die vere reg en praat die tonge los!ย โn Dag waarop talent, kreatiwiteit en passie die middelpunt vorm. - Donderdag, 13 Augustus
Maak seker jy is daar vir ons Groot Spog-saalbyeenkoms om 12:00. Dit is โn geleentheid wat jy beslis nie wil misloop nie! - Vrydag, 14 Augustus
Die hokkie slaan die week behoorlik aan die gang met verskeie wedstryde op Hartleyvale se astro. Ons Laerskole sluit ook by ons aan, wat dit โn ware JvR-gemeenskapsdag gaan maak! - Saterdag, 15 Augustus
Kom kuier saam by die netbal by die Hoรซrskool โ en moenie vergeet om jou gunsteling braaibroodjies en pannekoek te kom koop nie! Later skuif ons langs die rugbyveld in om af te koel en saam die hoofwedstryd om 14:00 te geniet. ๐๐ฅ
Dit is meer as net โn week van kompetisie โ dit is โn week van tradisie, trots, vriendskap, gemeenskap en 100 jaar se JvR-geskiedenis!
Maak seker jy is deel van die 2026 Interskole-ervaring!
๐ Volg die skakel vir die volledige program van die week: https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/08/Interskole-2026-Program-2.pdf