Baie dankie aan al ons sportouers vir julle ongelooflike ondersteuning gedurende hierdie wonderlike winterseisoen! Ons het saam soveel hoogtepunte beleef, mooi oomblikke gedeel en talle prestasies gevier. Dit is juis die ondersteuning van ons ouers wat ons sportprogram so besonders maak.
Ons fokus verskuif nou na ons somerkodes, en ons sien baie uit na wat voorlê. Ons wag steeds vir ons WP Krieket-bepalings, maar ons deel graag solank die res van ons somersportbepalings met julle.
Hou ook asseblief in gedagte dat van ons spanne in Desember aan die Summer Festival gaan deelneem. Die program, met die spesifieke dae waarop ons verskillende spanne speel, is ook hier aangeheg.
Ons sien uit na ’n wonderlike, kort maar propvol vierde kwartaal!
0 Shares
X