Ons sien baie uit na ons Atletiekfees op Vrydag, 16 Oktober, wat by UWK se atletiekbaan in Bellville aangebied word.

Verskeie skole neem aan hierdie middag- en aandbyeenkoms deel, saam met ’n groot aantal van ons eie talentvolle atlete. Ons gaan as skool voluit ondersteun en die baan met JvR-gees laat sing!

Ons nooi graag ouers en ander toeskouers om die middag saam met ons te geniet en ons atlete aan te moedig.

🎟️ Ingang:
• Volwassenes: R30
• Leerders wat nie skoolklere dra nie: R30

Meer inligting oor die dag en die program sal in die nuwe kwartaal gedeel word.

Kom ondersteun ons atlete en bring jou gees saam!

0 Shares
X