Ons gee graag terugvoer rakende die vordering met die astro-hokkieveldprojek.

  1. Sedert die skrywe van 27 Februarie 2026 is ‘n volledige ondersoek vir die groter visie van ’n geïntegreerde plan vir die hokkie-, rugby-, atletiek- en netbalfasiliteite by die Boshoff-, Buys- en St. Michael’s-sportvelde afgehandel.
  2. Astro-hokkieveld met spreiligte op die Boshoffveld, ’n sintetiese atletiekbaan rondom die nuwe hokkieveld, rehabilitasie van die Buysveld en die vestiging van ’n nuwe grasrugbyveld met besproeiing en voldoende dreinering, verbetering van kleedkamerfasiliteite by die Buysveld, konstruksie van ’n basiese, bedekte paviljoenstruktuur by die Buys-veld vir rugby, formele hekingang en parkeerarea by die Buysveld, installasie van ’n nuwe sintetiese oefenoppervlak by die St. Michael’sveld en die herstel van netbalbane met nuwe speeloppervlaktes by die skool.
  3. Die ingenieur en bourekenmeester is aangestel en hul volledige verslag is ontvang.
  4. Hierdie groter visie en plan vir geïntegreerde ontwikkeling van die sportfasiliteite word tans met potensiële donateurs bespreek.
  5. Indien die nodige fondse vir die volledige, geïntegreerde ontwikkeling nie beding kan word nie, sal die installasie van die astro-hokkieveld op die Boshoffveld met ’n grasatletiekbaan daar rondom, soos reeds gekommunikeer, steeds voortgaan.
  6. Ongeag van watter opsie gekies word, bly die afskopdatum vir konstruksie steeds Augustus 2026, na afloop van die laaste tuiswedstryde (interskole) op die Boshoffveld.
  7. Intussen word al die tuishokkiewedstryde met sukses by Hartleyvale aangebied en werk die skool hard om addisionele speeltyd by Hartleyvale te probeer verseker.

Ek wil dan ook graag van die geleentheid gebruik maak om vir dr. Jacques Slabber te bedank vir die ure en dinkwerk wat hy inploeg by ons sportkantoor en terreinbeplanning. Dr. Slabber is onlangs op die beheerligaam gekoöpteer om na die sport- en terreinportefeulje om te sien en hy maak reeds ’n groot impak.

Ons sal ons ouers weer aan die begin van die derde kwartaal op hoogte bring met die vordering van al die genoemde sake hierbo.

Volg die skakel vir die volledige brief: https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/05/ASTRO-PROJEK_TERUGVOER_20MEI_2026.pdf

0 Shares
X