Die juniors het op Maandag, 26 Januarie, die interhuis-krieket afgeskop. Ná twee opwindende wedstryde het De Goede Hoop in die finaal teen Reijger geseëvier, ondanks die ondersteuning wat mnr. Henning aan Reijger gebied het. Willem-Daniel Mathee is aangewys as beste bouler met 3 paaltjies, terwyl Sachin Witbooi die beste kolwer was met 32 lopies. Die seniors se groot finaal vind plaas op Maandag, 2 Februarie, gevolg deur die kampioene teen die onderwyser-span.