Ons eerstepan neem hierdie naweek aan die DNL-toernooi deel wat by Hoërskool Fairmont aangebied word. Ons nooi almal hartlik uit om die seisoen se openingstoernooi by te woon en ons span te ondersteun. Netbal van hoë gehalte kan verwag word, aangesien senior spanne ook uitstallingswedstryde sal speel.
Ons span speel die volgende tye:
Vrydag:
- 16:00 – vs. Sunrise Netball Club (Baan 3)
- 18:00 – vs. Fairmont HS (Baan 2)
Saterdag:
- 08:00 – vs. MCSC (Binnebaan)
- 10:00 – vs. Victory Ignite (Baan 1)
- 16:00 – Finaal (Binnebaan)