Op Woensdag, 21 Januarie, het 16 meisies aan die proewe vir die eerstespan deelgeneem. Met die ondersteuning van drie eksterne keurders is nege spelers vir die eerstespan vir die 2026-seisoen gekies.
Baie geluk aan die volgende meisies met hul verkiesing tot die span. Ons wens hulle, hul afrigter en die bestuurspan alles van die beste toe vir die 2026-seisoen:
Afrigter: Billy Wagner
Bestuurder: Leandé van Heerden
  1. Monique de Beer
  2. Carin Human
  3. Brooklyn Heynes
  4. Cassidy-Lee Bridgens
  5. Susanne Botha
  6. Wendy Mgoloela
  7. Erica Marais
  8. Emke van Wyk
  9. Bea Orffer
Op Dinsdag, 27 Januarie, en Woensdag, 28 Januarie, het altesaam 115 meisies aan die res van die proewe deelgeneem. Ons is verheug om aan te kondig dat daar vanjaar genoeg spelers in die o.14-afdeling is om vyf spanne saam te stel. Dit is waarlik ’n opwindende begin vir die netbalseisoen, en ons sien met groot verwagting uit na ’n suksesvolle jaar wat voorlê.
0 Shares
X