Volgende naweek neem ons eerstepan aan die DNL-toernooi wat by Hoërskool Fairmont aangebied word deel. Ons nooi almal hartlik uit om die seisoen se openings­toernooi by te woon en ons span te ondersteun. Netbal van hoë gehalte kan verwag word, aangesien seniorspanne ook uitstallingswedstryde sal speel.

Datums en tye:

  • Vrydag, 7 Februarie: 15:00 – 20:00
  • Saterdag, 8 Februarie: 08:00 – 17:00
0 Shares
X