Dit was ’n uitdagende begin van die seisoen vir ons netbalspelers, maar ons is uiters trots op die uitstekende spangees wat deur al die spelers, op en van die baan af, getoon is. Om teen ’n toonaangewende netbalskool mee te ding en nooit tou op te gooi nie, was ’n besonderse trotse oomblik.
Elke speler het volgehou en tot die laaste fluitjie met vasberadenheid gespeel — ’n ware bewys van deursettingsvermoë.
Ons wil graag elke speler, afrigter, bestuurder en ondersteuner bedank wat ons dogters ondersteun het. Dit word opreg waardeer.
Ons sien uit na ’n besonder suksesvolle netbalseisoen in 2026.