Baie van ons leerders is tans besig om hul somersportseisoen af te sluit en geleidelik oor te skuif na die winterkodes. Ons wil graag beklemtoon dat somerkodes steeds voorkeur geniet tot alle verpligtinge, wedstryde en galas volledig afgehandel is.
Ons is bewus daarvan dat daar nog belangrike byeenkomste plaasvind, en daarom gee ons aan leerders die geleentheid om hul seisoen met volle toewyding en fokus klaar te maak.
Intussen het die voorbereiding vir die winterseisoen reeds begin. Die res van die groepe het weggespring met voorbereiding vir die komende toernooie en ’n opwindende winterprogram wat voorlê.
Neem asseblief kennis dat die gimnasium op Maandae en Woensdae verpligtend is vir leerders. Sessie-tye is buigsaam — leerders kan enige tyd tussen 14:30 en 17:00 opdaag om hul program te voltooi.
Ons sien uit na ’n suksesvolle winterseisoen.