HS Jan van Riebeeck se tafeltennisspelers het die 2026-seisoen in ’n gesellige atmosfeer afgesluit. Tussen informele wedstryde deur het spelers saam gekuier, musiek geluister en die hegte kameraderie geniet wat deur die seisoen tussen die spanlede gegroei het.
Mnr. Luyt se bekende tuisgemaakte hamburgerbiefpatties is op die braai voorberei, waarna elkeen sy of haar eie burger kon bou — ’n eenvoudige maar gewilde deel van die middag.
Tydens die afsluiting het die dogters die seuns met groot geesdrif gelukgewens met hul uitstekende prestasies in die 2026-finaal: die eerste seunspan het brons verower, terwyl die tweede seunspan met goud weggestap het.
Ná die toesprake het Maurician namens  die spelers die afrigter bedank vir sy inspirasie, voorbeeld, leiding en meelewing deur die seisoen.
Die middag was ’n gepaste afsluiting van ’n seisoen wat behalwe vir die goeie spel en medaljes gekenmerk is, ook deur goeie spangees, vriendskap en gedeelde herinneringe onthou kan word
0 Shares
X