Ons was bevoorreg om vyf skole by ons individuele gala te verwelkom, dus was al die bane by tye vol wat ‘n heerlike gala atmosfeer geskep het. Dit was ook lekker om ‘n swemmer vir elke item op die program die water in te stuur. Ons dogter span was 3de en ons seuns 5de.
Die uitslae was as volg:
- Norman Henshilwood 145
- Pinelands 145
- Vishoek 260
- Jan van Riebeeck 179
- Reddam Constancia 263
- Reddam Atlantic 186
Jan van Riebeeck dus algeheel 4de.
Geluk aan ons swemmers. Ons is trots op julle en waardeer dat jul instaan by items waar die skool julle benodig en swem wat nie jul verkose slae is nie.