As gevolg van verskeie aktiwiteite wat by die skool plaasvind, is daar dae waarop spesiale reëlings vir die skoolprogram geld.
Let asb. op die veranderinge / reëlings soos hier gelys:
- 13 April, Maandag:
- Kleedrepetisie vir die revue (07:35 – 14:15) en buitemuurseprogram gaan voort soos normaal.
- Leerders kom reeds aangetrek in hul swart klere vir die konsert skool toe.
- Kleedrepetisie vir die revue (07:35 – 14:15) en buitemuurseprogram gaan voort soos normaal.
- 15 & 16 April, Woensdag en Donderdag:
- Skool verdaag op beide dae om 13:00 a.g.v die Laerskool ATKV-Redenaars wat op ons kampus plaasvind.
- Buitemuurseprogram gaan voort, maar teen vervroegde tye. Die betrokke onderwysers sal met leerders reël.
- 19 April, Sondag:
- Leerders meld die oggend om 10:30 vir 11:00 by hul konsertlokale aan.
- Volledige kleedrepetisie gaan plaasvind voordat die vertoning om 15:00 begin.
- Leerders moet asb. vir hulle iets te ete en te drinke vir die middag inpak.
- Leerders kan die aand na die vertoning ongeveer 18:00 weer opgelaai word. Ons sal u op hoogte hou via die WhatsApp-gemeenskap
- 20 April, Maandag:
- 07:35 – 14:15 Gewone skooldag
- 14:30 – 15:30 Buitemuurseprogram (Marimba 1 sal alternatiewe reëlings tref)
- 17:30 Leerders meld aan vir die aand se vertoning.
- 19:00 Vertoning begin.
- 21 April, Dinsdag:
- 7:35 – 14:15 Gewone skooldag
- 14:30 – 15:30 Buitemuurseprogram (Bergfiets en Landloop sal alternatiewe reëlings tref)
- 17:30 Leerders meld aan vir die aand se vertoning
- 19:00 Vertoning begin
- 22 April, Woensdag:
- 7:35 – 14:15 Gewone skooldag
- 14:30 – 15:30 Buitemuurseprogram
- 17:30 Leerders meld aan vir die aand se vertoning.
- 19:00 Galavertoning begin.
- 23 April, Donderdag:
- 7:35 – 14:15 Gewone skooldag
- Normale buitemuurseprogram gaan voort.
- Netbalwedstryde vs Melkbosstrand
- UCT-Wiskunde-olimpiade vind plaas. Leerders wat netbalwedstryde speel, sal na hul wedstryd vertrek.
- 24 April, Vrydag:
- 12:00 Skool verdaag om alle leerders te bedank vir hul groot opoffering en gees tydens die revue.
Let wel: Alle verlore akademiese tyd word later die kwartaal teruggewerk. Ons halfjaareksamen word ook na Junie geskuif- alle inligting en datums volg in volgende week se Vrydagflitse.