Op Dinsdag, 28 Julie 2026, het ons die derde bloedskenk geleentheid van die jaar in die skoolsaal.

Gedurende die winter is bloed voorrade dikwels baie laag. Daarom sal hierdie geleentheid tot 15:00 duur, om so veel as moontlik leerders en ouers geleentheid te gee om te kom skenk. Alle leerders bo 16 jaar en alle ouers word aangemoedig om te kom skenk.
Hier is bietjie statistiek om te wys hoe ons die Wes-Kaapse Bloeddiens se mikpunt oortref het tydens die vorige bloedskenkdag op 18 Mei 2026.
  • Mikpunt: 35 skenkers
  • Nuwe skenkers = 16
  • Ou skenkers = 38
  • Totale skenkers = 54
0 Shares
X