Ons is baie trots op Markus Smit (Graad 12) wat tydens die Cape CO-ED Hockey Festival (15-17 Maart 2024) twee keer die toekenning vir speler van die wedstryd ontvang het en geïdentifiseer is om deel van ‘n uitnodigingspan wat in September ‘n hokkietoer na Nederland onderneem te vorm.
Dit is vir sy ouers ‘n enorme trotse oomblik en hulle sal graag alles wil doen om hierdie geleentheid vir hom ‘n realiteit te maak.
Hokkie is Markus se lewe, en sy droom is om hokkie op professionele vlak te speel; om ‘n toer mee te maak Nederland toe waar hy die sport kan speel waarvoor hy lief is, ondervinding kan opdoen om nuwe tegnieke aan te leer en die kans kry om sy spel te verbeter, sal vir hom die wêreld beteken.
Sy ouers het reeds die deposito betaal om sy plek in die span en toer te verseker. Enige ander weldoeners wat kan help om Markus se droom ‘n realiteit te maak kan sy ma, Christina Smit, kontak by christinasmit@gmail.com of ondersteun hom op Backabuddy https://www.backabuddy.co.za/campaign/markus-netherlands-tour.