Ons kondig die Suzuki winterseisoen aan met ‘n splinternuwe konsep.

Ons nuwe premierliga is ‘n geleentheid vir ons wintersportspanne om bymekaar te kom in goeie gees en teen mekaar te kompeteer. Dis ook die aankondiging van die wintersporte wat weer gaan begin.

Ons sien uit na baie tuis sportdae die jaar met goeie koffie en warmnye van SOSO, ons nuwe kafeteria, af. Ons wag steeds vir ons finale wedstrydbepalings vir kwartaal 2 en 3 van WP af en sal dit so spoedig moontlik deurgee.

Ons winterspanne gaan ons vanjaar reg oor die land, vanaf Pretoria tot die Paarl, in die beste toernooie in Suid-Afrika vir hokkie, netbal en rugby verteenwoordig.

Die premierliga se doel is dat ons senior spelers saam met ons juniors in spanne speel en hulle by mekaar leer. Die dag is daar om te geniet en JvR-wintersporte te vier. Dit skep ook geleentheid om die roes af te skud van die tydperk wat daar nie gespeel was nie.

Dis met trots dat ons die spanne aankondig vir die verskillende premierliga’s:

HOKKIE
St Michaels veld
Saterdag, 2 Maart 2024
09:00 – 14:00

SENIOR RUGBY – o.16 & o.19
Boshoffvelde
Vrydag, 1 Maart 2024
15:00 – 17:30

JUNIOR RUGBY– o.14 & o.15
Rugbykamp
Saterdag, 2 Maart 2024
09:00 – 14:00

NETBAL
Hoërskool Jan van Riebeeck: Baan 1 & 2
Saterdag, 2 Maart 2024
09:00 – 14:00
o.14
Saterdag, 2  Maart  2024
09:00 – 12:00 Oefenkamp

Spelroosters sal aan kapteine verskaf word volgende week. Baie sterkte Jan van Riebeeckers en mag die beste spanne seevier in die heel eerste premier liga vir wintersporte.

0 Shares
X