BOETIE SON EN SUSTER MAAN

‘n Broer en Suster kunsuitstalling van skilderye, sketse, drukke en ‘n kunsboek.

Die Welgemeend kunsuitstalling word deur Nannette van Rooyen geopen en vind Donderdagaand, 26 September, om 18:00 plaas.

Die kunstenaars het die twee landskap olieverf skilderye (Grootte: 600x600mm) geskenk wat tydens die Welgemeend-uitstalling by wyse van ‘n stil-bodproses, ten bate van die twee Jan van Riebeeck skole in die stadskom, opgeveil gaan word.

Ons nooi graag alle belangstellende ouers na die openingsaand. Ouers wat nie Donderdagaand se opening kan bywoon nie, is welkom om die uitstalling enige van die ander dae te besigtig (Vrydag, 27 September tot Sondag, 29ste September).

0 Shares
X