Hoërskool Jan van Riebeeck beplan om vanjaar nog 1 uitgawes van die Onze Jan-skoolkoerant te publiseer.
Ons redaksie is hard aan die werk onder die bekwame leiding van ons redakteur, Stella Malan in graad 12. Hulle gaan verseker dat hierdie uitgawes aktueel en vars bly en belangrike en positiewe insae het tot ons huidige omgewing. Volg die skakel en loer gerus hoe Uitgawe 2 vir 2025 gelyk het. (OnzeJan uitgawe 2).
Ons benodig egter adverteerders om publikasiekoste vir die Onze Jan te dek en het die volgende advertensiegeleenthede om te bied:
Formaat: A4 gedruk in kleur & digitaal
Verspreiding:
  • Gedrukte kopie word aan minstens 390 families gestuur.
  • Die verdere verspreiding sluit in besighede rondom die skoolgebou asook omliggende- en voeder laerskole.
  • Digitale weergawe word aan meer as 800 eposse gestuur.
  • Ons Alumni deel ook die digitale weergawe met hulle lede.
Advertensiekoste per uitgawe:
  • Agter buiteblad, volblad (A4), kleur: R 7000
  • Voor binneblad, volblad, kleur: R 5000
  • Agter binneblad, volblad, kleur: R 4000
  • Volblad, kleur: R 2000
  • Halfblad, kleur: R 1000
  • Kwartblad, kleur: R 500
  • Bladsyborg (besigheidsnaam/klasgroep onder aan die bladsy): R 250 per bladsy
Die uitgawe word net voor die vakansie gepubliseer en versprei.
Advertensies vir die derde kwartaal moet ons teen 12 September 2025 bereik.
Indien u belangstel volg asb. die skakel en voltooi die nodige Microsoft form: https://forms.office.com/r/eqvTdBF66y
0 Shares
X