YFU is tans op soek na gasgesinne vir internasionale uitruilleerlinge uit Duitsland wat vir ’n tydperk van 3 tot 10 maande in Suid-Afrika sal bly.
YFU verwelkom gesinne van alle vorms, groottes, kulture en gelowe, en bied omvattende voorbereiding en deurlopende ondersteuning aan sy gasgesinne en uitruilleerlinge.

Is jy gereed om jou huis oop te maak vir ’n YFU-uitruilleerling en meer te leer oor hoe om ’n gasgesin te word?
Vir meer inligting oor hoe om ’n gasgesin te word, kan jy die opname van YFU se mees onlangse inligtingswebinar vir voornemende gasgesinne hier kyk: https://youtu.be/fVaQ79kHvDE
Of laai die gasgesin-inligtingsbrosjure hier af: https://tinyurl.com/YFUHostFamilyInfo.

Volg gerus die skakel vir meer inligting vir die uitruilleerlinge vanuit Duitsland.

Oscar (16)
Sophia (16)

Meer inligting oor uitruilprogramme vir Suid-Afrikaanse leerlinge is beskikbaar hier: https://yfu.org.za/study-abroad/

0 Shares
X