Ons Hoërskool Jan van Riebeeck-atlete het weer eens hul merk gemaak met uitsonderlike vertonings by die Kwagga Top 10 Atletiekbyeenkoms!
Vir die derde agtereenvolgende jaar is ons aangewys as die Beste Kleinskool . ’n Bewys van die toewyding, harde werk en ongelooflike gees van ons atlete. Ons top prestasie van die dag was deur Erica Marias in die gewigstoot, waar sy ’n 2de plek behaal het met 936 punte op die VERSUS-tabel – ’n uitmuntende vertoning!
Ons medaljewenners was:
  • Wendy Mgolodela – 2de in spiesgooi
  • Fredrich Erasmus – 2de in die 200m en 3de in die 400m hekkies
  • Brooklyn Heyens – 2de in verspring en  3de in driesprong
Elke atleet het met trots, deursettingsvermoë en passie deelgeneem – en ons kon nie meer trots wees nie!
0 Shares
X