Ons werk met die ervare maatskappy “Venture Forth International”, wat al vir baie jare kampe vir talle skole aanbied met ’n uitstekende veiligheidsrekord. Hulle fassiliteerders is ervare en gekwalifiseerd. Skole wat hulle gebruik, getuig van herhaalde en gevestigde suksesvolle en betekenisvolle ervarings. Ons glo dat hierdie kampe nie net ‘n hoogtepunt vir volgende jaar sal wees nie, maar die begin van ‘n lang en waardevolle tradisie waarop ons jaar na jaar kan voortbou.

Elke graad sal vanaf Maandag, 23 Maart tot Woensdag, 25 Maart (2 dae, 2 nagte), kamp. Pragtige kampeerterreine is reeds geïdentifiseer, gepas vir elke graad se behoeftes. Die maatskappy wat die kampe aanbied het versoek dat ouers asb. vir elke leerder die gepaste Google-vorm teen 20 Februarie sal voltooi:

Die kampfooi beloop R1950 per leerder en sluit busvervoer, 6 etes, fasiliteite, fasiliteerders en al die aktiwiteite in. Om die betalingsproses makliker te maak, stel ons die volgende betaalplan voor via Karri:

  • R450 deposito – reeds betaal teen einde September 2025
  • Maandelikse paaiemente van R300 elk: Oktober 2025– Februarie 2026

Dus die laaste betaling einde Februarie 2026.

Ons besef dat daar uitdagings kan wees, en wil u gerusstel dat ons oop is vir kommunikasie en ondersteuning waar moontlik.

0 Shares
X