As deel van ons eeufeesinisiatiewe, stel Hoërskool Jan van Riebeeck met trots twee splinternuwe produkte bekend:
- Troos– ‘n Spesiale JvR-Premium koffie | R110
- Knus – Romerige warmsjokolade | R75
Voor die winter van 2026 sy laaste koue dae groet, Troos jouself en wees Knus met HsJvR se eie spesiale koffie en warmsjokolade.
Nou beskikbaar op Karri of by Petula Titus by HsJvR-ontvangs. Produkte wat op Karri gekoop word, kan ook by Petula Titus afgehaal word.
Hierdie heerlike koffie en warmsjokolade (250g-sakkies) sal nog tot die einde van 2026 beskikbaar wees!
Troos in jou hand. Knus in jou hart!