Alexia Olivier het in Desember 2025 aan ‘n Internasionale balletkompetisie in Barcelona deelgeneem. Sy was een van vier dansers van Suid-Afrika. Daar was ongeveer 600 deelnemers van regoor die wêreld. Behalwe dat dit ‘n ongelooflike ervaring en leerskool was, het hul trio 2de plek behaal in die “small ensemble” afdeling en beide hul trio en duet is uitgenooi om deel te neem aan die finale rondte in Houston, Texas! Die kompetisie word regdeur die jaar in verskillende lande gehou en dansers word uitgenooi deur die beoordelaars na die finale rondte vir daardie jaar.
Alexia het ook 2 beurse ontvang na die Alberta Balletskool in Calgary, Kanada. Sy het ‘n beurs gekry vir hul “Summer intensive” asook ‘n korttermyn studiebeurs op hul pre-proffessionele program.
Baie geluk Alexia ons is ongelooflik trots op jou!