Ons is op soek na naaimasjien(e) en handgereedskap, soos handbore, draadsnyers en hammers vir die Ontwerpklas. Enige naalde, garing en materiaal sal ook waardeer word. As u moontlik skootrekenaars of tablette wat nog in werkende orde is het, sal ons dit ook kan gebruik. Ons is ook op soek na ou handdoeke wat ons kan gebruik. Al hierdie items sal gebruik word deur ons leerlingkunstenaars en ontwerpers vir hul praktiese projekte. U kan die items by die kantoor aflewer. Ons sal dit baie waardeer!