Hoërskool Jan van Riebeeck is vir die derde jaar in ’n ry die wenners van die Tafelberg Sone Interskole Atletiekbyeenkoms. Baie dankie aan al ons atlete wat met trots aan die byeenkoms deelgeneem het.
Spesiale toekennings word aan Erica Marais gegee wat as beste senior dame veldatleet (gewigstoot – 883 ASA-punte) aangewys is en Bradwin Owies wat as beste seuns o.15-baanatleet (100 mH – 840 ASA-punte) aangewys is. Ons is baie trots op hulle.
Verder neem 20 JvR-atlete op Saterdag, 7 Februarie 2026, aan die WP Liga-byeenkoms by Parow Atletiekstadion deel in ’n poging om vir die ASA Jeug–en-Junior-Kampioenskappe te kwalifiseer.
Op 13-14 Februarie 2026 vind die Tafelberg Sone Kampioenskappe te Groenpunt stadion plaas, waar ons atlete sal streef om vir die Tafelberg Sone span gekies te word.