Ons binnehuisdogtershokkiespan het hul seisoen op ’n hoë noot afgesluit met ’n puik 3–0-oorwinning oor St Cyprians se negende span. Die dogters het vyf uit hul ses wedstryde gewen in die liga en sal volgende jaar in ’n hoër liga deelneem. Sewe uit die agt dogters het vir die eerste keer binnehuis-hokkie gespeel, wat hierdie prestasie nog meer besonders maak. Ons sien met groot opgewondenheid uit na wat die dogters volgende jaar in ’n hoër liga sal bereik.

2 Shares
X