Ons het die kwartaal met ‘n hoogtepunt afgesluit Donderdag, 5 Maart, met 10 deelnemende skole by Herzlia.
Omdat dit ’n groot interskolegala was, is daar nie individuele uitslae vir hierdie rondte gepubliseer nie. Die spanuitslae het egter soos volg gelyk:
Ek wil ’n spesiale woord van dank rig aan al ons swemmers. Vir die eerste keer sedert ek by swem betrokke is, was oop bane ’n uitsondering die seisoen. Dit getuig van ons entoesiasme as Jan van Riebeeck burgers en die ongelooflike positiewe spanatmosfeer. Julle gees, samehorigheid en bereidwilligheid om vir mekaar op te daag, het die verskil gemaak, al is baie van julle slegs deeltydse swemmers. Dit is regtig ’n voorreg om met hierdie groep Jan van Riebeeckers geassosieer te wees.
’n Groot dank gaan aan Mnr Bester vir sy toegewyde swemafrigting. Die feit dat soveel swemmers week na week die oefeninge getrou bygewoon het, weerspieël die vertroue wat hulle in hom as afrigter het. Sy kundigheid en aanmoediging lê die fondament vir ons span se groei.
Ons is ook baie dankbaar vir Juffrou Steyn, wat elke gala getrou tyd gehou of afgesit of gedoen het wat moes gedoen word. Mnr van Heerden en Wayne vir die reël van die busse en al die uitdagings wat daarmee gepaart gegaan het. Laastens en dalk die belangrikste, baie dankie vir al die ouers se volgehoue ondersteuning.
0 Shares
X