Aiden Kruger en Kyle Meissenheimer was uitgenooi, nadat hul goed geplaas het in die eerste ronde, om in die volgende ronde van die CT Metro Schools Indivual Closed-toernooi wat op 7 en 8 Maart plaasgevind het, skaak te speel. Hierdie toernooi trek die beste skolespelers uit die hele Kaapstadse Metropool. Kyle het ’n puik 10deplek in die o/15-kategorie uit 54 spelers behaal. Aiden het uitstekend gevaar deur in die o/18-kategorie ’n silwer medalje uit 100 spelers te verwerf .