Kyle Meissenheimer het gedurende die naweek van 2 en 3 Mei aan die 2026 Wes-Kaap Hoërskole Individuele Skaak Kampioenskappe deelgeneem. Hy het in die o.15 seuns-katgegorie deelgeneem en het ‘n uitstekende vierde plek uit 84 spelers in hierdie provinsiale kompetisie behaal.