Ons is trots om te deel dat Hoërskool Jan van Riebeeck op Dinsdag 27 Januarie die eerste bergfietsbyeenkoms van 2026 in die reeks aangebied het. Vier skole het deelgeneem: SACS, Wynberg, Reddam Constancia en ons eie Jan van Riebeeck.
Ons span was:
Die dag was ideaal vir bergfiets ry: helder weer, goeie roetes en ’n atmosfeer van sportmanskap en kameraadskap. Ons leerders het nie net hul skool met trots verteenwoordig nie, maar ook die ware gees van sport uitgedra. Baie geluk aan elke deelnemer – julle het Jan van Riebeeck se naam hoog gehou!
Ons wil ook graag al die ondersteunende personeel bedank vir al die harde werk agter die skerms wat die dag ‘n groot sukses gemaak het.
0 Shares
X