Donderdag, 26 Februarie, het ons swemspanne deelgeneem aan ’n tussenhoërskool-gala by Grootte Schuur. Die deelnemende skole was Pinelands, Vishoek, Bishops, Grootte Schuur, Herzlia, Jan van Riebeeck en die Duitse Skool.
Uitslae
Die seunspan was 4de en meisiespan 5de.
- Meisiespan
- Eindtotaal: 95 punte
-
Slegs vyf punte agter Pinelands en Groote Schuur, met 100 punte elk.
Ons hele dogterspan het slegs uit graad 8- en graad 9-swemmers bestaan, maar het steeds met moed en karakter deelgeneem. Spesiale vermelding aan Stella Zulch vir haar twee 2de plekke in die borslag en vlinderslag.
- Seunsspan
- Die seuns het uiters sterk meegeding en was slegs drie punte agter Pinelands, wat net voor hulle geëindig het en 12 punte agter Bishops
Met ’n groot deel van ons span wat nog jonk is, wys hierdie uitslae dat die toekoms van Jan van Riebeeck-swem baie belowend lyk.
Baie dankie aan almal wat ondersteun het.