Op Donderdag, 29 Januarie, het Hoërskool Jan van Riebeeck se swemspan aan die gala by die Duitse Skool van Kaapstad deelgeneem.
Die skole wat deelgeneem het, was: SACS, Sans Souci, Pinelands, Rondebosch, die Duitse Skool, Jan van Riebeeck en Herzlia. Ons o.19 seuns het uitstekend gevaar deur hul aflositem te wen.  Die dogtersspan het ’n pragtige derde plek behaal, terwyl die seunspan vyfde geëindig het. Algeheel kon Jan van Riebeeck ook daarin slaag om ’n welverdiende derde plek in die gala te behaal.
’n Spesiale woord van dank aan die leerders wat op die laaste oomblik ingestaan het om die span te ondersteun — julle bydrae word opreg waardeer.
Verder is ons trots om te vermeld dat 87 swemmers sedert verlede Woensdag ons oefensessies bygewoon het. Hou so aan, swemspan — julle harde werk en entoesiasme maak die verskil!
Die 12de Februarie het ons ‘n loslootjie met die volgende gala op 19 Februarie by die Duitse Skool.
0 Shares
X