Verlede Donderdag het ons swemspanne deelgeneem aan die jaarlikse Springfield‑gala, waar ’n totaal van ses skole in ’n sterk en mededingende veld meegeding het: Rondebosch B, Springfield, Settlers, Jan van Riebeeck, Milnerton B en Fairmont.
Ons seuns het daarin geslaag om ’n 4de plek te behaal.
Die dogters het uiteindelik 5de geëindig met 101 punte. Dit is egter belangrik om te noem dat die punteverskil uiters klein was:
- Milnerton B: 109 punte
- Settlers: 105 punte
- JvR: 101 punte
Met net een ekstra swemmer sou ons dogters 3de kon eindig.
’n Spesiale vermelding aan Karu Rademeyer wat bereid was om in ‘n hoër ouderdomsgroep deel te neem om te verseker dat ons in elke item verteenwoordig was om die punte in te palm.