Op Dinsdag,25 Augustus 2026, het die X-Arena Binnenshuise Sportsentrum (Milnerton) behoorlik gegons toe die finale wedstryde van die skole-tafeltennisseisoen gespeel is!
Spanne uit verskeie skole het in die “Girls’ 1st en 2nd Leagues”  en die “Boys’ Premier tot 6th Leagues”  sake uitgespook vir eerste, tweede en derde plekke. Dit was ’n dag van vinnige spel, goeie sportmangees en uitstekende tafeltennis.
Ons is besonder trots dat JvR ook in die finale rondes verteenwoordig was: JvR 1 het in die Seuns 2de Liga om derde plek meegeding, terwyl JvR 2 in die Seuns 4de Liga vir eerste en tweede plek kragte gemeet het.
Baie geluk aan al die spelers en skole wat die finaaldag gehaal het — ’n waardige afsluiting van ’n opwindende seisoen!
JvR se eerste span seuns verower die brons medalje deur hul opponente vinnig uit te skakel, terwyl JvR se tweede span seuns presteer deur n besonderse Goud te behaal. Ons nuwelingspan het hul opponente met slim, vaardige en tegniese spel oortuigend uitgeskakel. Veels geluk!
0 Shares
X