Belangrike nuus rakende afstandsonderrig
Inligting oor UP Wiskunde Olimpiade
Die UP Wiskunde Olimpiade vind van 27 – 31 Julie plaas. Kliek hier vir meer inligting.
Juffrou Visser se boodskap (26 Junie)
Matrieks keer terug op 1 Junie
|
Quality learning @home Back to School COVID-19 Resources DBE website Back to School Videos Col 3 Col 4 Col 5 Col 6 Letter and Guidelines for the management of COVID-19 in public
wcedonline.westerncape.gov.za
|
Gebeurlikheidsplan vir Huis Jordaan tydens Covid-19
Die skool- en koshuispersoneel het hard gewerk om ‘n gebeurlikheidsplan vir Huis Jordaan op te trek, sodat ons koshuisleerders steeds veilig en gemaklik in die tyd van Covid-19 in die koshuis kan woon. Indien u onseker is oor enigiets , kan u gerus vir me Huibrecht Steyn, die superintendent, kontak. Haar selfoonnommer is in die dokument vervat.
Ons sien uit om die eerste leerders te ontvang – ons hoop en glo die ander grade volg spoedig.
Juffrou Visser se boodskap (20 Mei)
Brics Wiskundekompetisie
Indien jy wil deelneem aan die BricsMaths-kompetisie kan jy gerus jou naam, van en graad aan juffrou Serrao e-pos by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za. Inskrywings is gratis en die eerste rondte vind vanaf 22 April – 22 Mei 2020 plaas.
Sien hier vir meer inligting.
Juffrou Visser se boodskap 13 Mei 2020
Netwerk24 Wiskundekompetisie 2020
Die inskrywings vir vanjaar se Wiskundekompetisie is oop en sal ook later sluit! Weens die COVID-19 pandemie sal die kompetisie vanjaar tuis afgelê kan word. Spesiale verifiëringsmeganismes is ingebou om steeds die standaard en geloofwaardigheid van die kompetisie te behou. En daar is steeds hope prysgeld op die spel.
Wiskundeleerders in Graad 6 & 7, sowel as Graad 10 – 12 word genooi om voor Woensdag 20 Mei in te skryf by: www.cumlaudemedia.com
Vir volledige reëls en regulasies besoek ook cumlaudemedia.com se web of Facebook-bladsy.
6 Mei – ‘n boodskap van juffrou Lizette Visser
‘n Vryheidsdagboodskap van me Lizette Visser
Aansoek om maatskaplike hulpverlening
Maatskaplike hulpverlening is tydelike hulp aan mense wat weens ernstige materiële gebrek nie in hul gesin se mees basiese behoeftes kan voorsien nie. Gaan kyk gerus by dié skakel hoe u te werk moet gaan indien u van die staatshulp gebruik wil maak. Die vorm wat u moet invul, lyk soos by hierdie skakel.
Help vandag ‘n Jan van Riebeecker!
In die tyd van inperking is daar van ons leerders en hulle gesinne wat sukkel. Van ons bekendste oudleerders span hier saam om ‘n beroep op ons gemeenskap te doen om ‘n finansiële bydrae te lewer. Gaan kliek op Payfast en help vandag ‘n Jan van Riebeecker in nood.
Baie dankie aan Lea Viviers, Viljé Maritz, Pietie Beyers, Luna Paige, Laurika Rauch en Johan Stemmet vir hulle hulp en tyd met die maak van die video.
‘n Derde boodskap van me Lizette Visser
Google Classroom: Hulp en riglyne
| 1. ‘n Afrikaanse gids oor hoe om Google Classroom te gebruik, kan u hier kry. (U kind is welkom om sy / haar wagwoord te verander.) |
| 2. ‘n Video met basiese instruksies vir leerders oor hoe om Google Classroom te gebuik, sal u hier vind. |
| 3. U kan ook die ‘Students’ Quick guide to Google Classroom’ gebruik. |
Akademiese navrae moet aan die onderwyser gerig word. Hulle is elke dag tussen 8 en 2 beskikbaar om navrae te hanteer.
NB Indien u enige hulp benodig met Google Classroom, stuur ‘n e-pos na help@janvanriebeeck.co.za
Gratis handboeke tot u beskikking
Ons kan ongelukkig niemand by die skool toelaat om handboeke uit sluitkassies te gaan haal nie. Vir die leerders wat dus met hulle hande in hulle hare sit omdat hulle handboeke by die skool is, wees gerus! Snapplify bied tot aan die einde van die jaar gratis toegang tot alle e-boeke. Volg bloot die onderstaande skakel en instruksies. (U kind se opvoeder kan bevestig watter handboeke hulle gebruik of u kan ‘n lys van handboeke vir die jaar hier vind)
* Gratis Suid-Afrikaanse e-handboeke vir die res van die jaar *
Snapplify het in vennootskap met top Suid-Afrikaanse onderwysuitgewers gegaan om * Free Access * van stapel te stuur.
* Free Access * verskaf meer as 5 000 e-boeke, EB- en CAPS e-boeke gratis aan almal wat dit vir afstandsonderrig benodig terwyl die skole gesluit is. Hierdie diens is tot 31 Desember beskikbaar.
1. Gaan na www.snapplify.com/freeaccess
2. Soek na die e-boek wat u benodig en voeg dit by u biblioteek
3. Installeer die Snapplify Reader om u e-boeke te lees
Baie dankie ook aan almal se geduld met Google Classroom. Ons hulplyn word oorval en ons vra u om asseblief geduldig te wees indien u nie onmiddellik ‘n antwoord kry nie. Ons waarborg u, u sal geholpe raak! Kontak vir Alan by help@janvanriebeeck.co.za en onthou om u kind se NAAM, VAN en GRAAD by die e-pos in te sluit. Dit maak die proses net heelwat vinniger aan ons kant.