Proverto Olimpiade (Handelsvakke)

Inskrywings sluit die 17de April 2026. Leerders (Graad 10-12) kan vir dié olimpiade in Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies inskryf. Datums van die Olimpiade is 6 Mei (Ronde 1) en 29 Julie (Ronde 2) om 14:30. Leerders kan dus al drie komponente of slegs twee of...

IGCSE Cambridge en A Level Program

Daar is op 24 Maart 2026 uitnodigings gestuur aan alle Graad 9- en Graad 10-ouers van leerders wat kwalifiseer vir die IGCSE Wiskundeprogram en die A Level-program vir onderskeie vakke. Inskrywings vir die programme wat die skool aanbied, sluit op 13 April 2026. Die...

Graad 12-Rekeningkunde

Daar is verpligte Rekeningkundelesse op Dinsdae-oggende vanaf 07:00 tot 07:45 in me. Meyer se klaskamer. Die eerste les word op 14 April aangebied. Alle Graad 12-rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Hierdie klasse word aangebied om leerders te help om optimaal...

UK-Wiskunde-Olimpiade op 23 April 2026

Leerders wat gekies is om aan hierdie gratis Wiskunde-olimpiade wat op Donderdag, 23 April, in die aand plaas vind, sal vrywaringsvorms aan die begin van volgende week ontvang. Ouers/voogde word versoek om hierdie vorms so vinnig moontlik in te vul en terug te besorg...

Ouerbesoeke: Maandag, 13 April 2026

Volg die skakel om vir eerskomende Maandag, 13 April, met u kind se onderwyser oor sy/haar akademiese vordering te gesels: https://outlook.office.com/book/OueraandbesprekingsApril2026@janvanriebeeck.co.za/
X