Uitruilprojek 2026 tot 2027

Ons beplan ’n nuwe uitruilvennootskap met St Paul’s College in Windhoek. Die plan is dat die Namibiese leerders ons vanjaar besoek en dat ons hulle volgende jaar terug besoek. Ons voorgestelde datums vir vanjaar is 28 of 29 April (voor die langnaweek van 1 Mei) tot 9...

2025 Toekennings

Alle graad 9-12 leerders wat tydens die prysuitdeling toekennings ontvang het, kan hul gelukwensingsbriewe vanaf Maandag 2 Februarie by me. Nimmo kom afhaal. Dit word by me. Sanette van Loggerenberg ingehandig vir die bestel en aankoop van baadjies, dasse en...

JanKaap: Waar die Kaap se stories begin leef

Is die Kaap net ’n plek waar ons woon — of is dit ’n storie waarin ons deel is? Jan van Riebeeck Hoërskool stel ’n klub bekend: JanKaap. JanKaap is ’n kultuur- en erfenisklub wat daarop gemik is om leerders bloot te stel aan die ryk geskiedkundige, kulturele en...
Bou-‘n-burger Ouerkuier: 12 Februarie

Bou-‘n-burger Ouerkuier: 12 Februarie

Almal weet die pad na jou hart loop deur jou maag … Ons nooi graag alle ouers en voogde uit om die aand van liefde in Gourmet-styl onder die sterre te vier. Doen-dit-self Gourmet Burger Bou  12 Februarie 2026 Welgemeend-grasperk 18:00 – 22:00 Elke kaartjie...

Kennisgewing aan ouers

Ouers neem asseblief kennis dat die skool ’n nuwe 5 jaar kontrak met Tytec gesluit het vir 4 kopieermasjiene, met goedkeuring van die WKOD. Dit is reeds deur die SBL en die ouers goedgekeur in die 2026 begroting wat verlede jaar voorgelê is.
X