Getuigskrifte-Matrieks 2026

Getuigskrif-aansoekvorms word in die eerste week van die derde kwartaal aan matrieks uitgehandig. Die inhandigingsdatum is Vrydag, 31 Julie in die tweede week. Geen laat-inhandiging word aanvaar nie. Getuigskrifte is ’n voorreg en nie ’n reg nie....

Tafelberg Koorfees, Maandagaand 3 Augustus

Hoërskool Jan van Riebeeck is baie opgewonde om vroeg volgende kwartaal weereens die TAFELBERG KOORFEES aan te bied. Kom geniet om 18:00 op Maandagaand, 3 Augustus, ‘n aand van uitnemende koorsang in Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolsaal. Die kore van...

JanArte Eisteddfod diensbeurte

Ons is baie opgewonde oor die JanArte Eisteddfod, wat volgende kwartaal vanaf 3 tot 7 Augustus plaasvind. Tydens hierdie viering van die kunste bied ons aan JvR-leerlinge en leerlinge van ’n verskeidenheid ander skole ’n veilige opvoeringsplatform, waartydens...

Proverto Olimpiade (Handelsvakke):

Neem asseblief kennis dat die tweede ronde van die Proverto-Olimpiade op Woensdag 29 Julie om 14:30 in mnr. Rademeyer se klaskamer plaasvind. Die Graad 9 EBW-olimpiade vind ook op Woensdag, 29 Julie, om 14:30 in mnr. Rademeyer se klaskamer plaas. ‘n Naamlys van...

Rekeningkunde: Graad 12

Daar is verpligte Rekeningkundelesse op Dinsdae-oggende vanaf 07:00 tot 07:45 in me. Meyer se klaskamer. Die eerste les van Kwartaal 3 word op 21 Julie aangebied. Alle Graad 12-Rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Hierdie klasse word aangebied om leerders te...
X