Uitsonderlike Prestasies
JanKuns werkswinkel: 25 Februarie 2026
Dwaalstêr is ’n navorsings-en-samewerkingsgedrewe publikasie- en ontwerpinisiatief wat kunstenaarsuitgawes produseer met ’n balans tussen toeganklikheid en artistieke integriteit. Deur oor formate buite boeke te werk, skep dit sorgvuldig bedagte, versamelbare werke wat tussen kuns, ontwerp en publikasie posisioneer. Die inisiatief fokus op die behoud en versterking van alternatiewe en gemarginaliseerde vorme van kennis, die ondersteuning van opkomende of ondererkende kunstenaars en die bevordering van betekenisvolle betrokkenheid by kontemporêre kuns. Dit bevorder ook kulturele uitruiling, veral tussen Suid-Afrika en Nederland.
Culemborg Market Square (1652, 1952, 2027) is ’n artistieke navorsingsprojek deur Jonathan Tang en Brent Dahl wat ondersoek hoe koloniale geskiedenis en nasionale identiteit deur die 1952 Jan van Riebeeck-tercentenariumfees gekonstrueer is. Met ’n fokus op die rekonstruksie van Culemborg se markplein in Kaapstad bestudeer die projek hoe beelde, argitektuur en feesvieringe kollektiewe geheue gevorm en koloniale narratiewe versterk het. Deur argivale navorsing, verhalekafees, veldwerk en artistieke herinterpretasie in Nederland en Suid-Afrika, kulmineer die projek in ’n publikasie, uitstallings en ’n aanlyn platform wat krities reflekteer op historiese mitevorming, geheue en die politiek van visuele voorstelling.
Hokkie:Binnehuis dogters
Ons binnehuisdogtershokkiespan het hul seisoen op ’n hoë noot afgesluit met ’n puik 3–0-oorwinning oor St Cyprians se negende span. Die dogters het vyf uit hul ses wedstryde gewen in die liga en sal volgende jaar in ’n hoër liga deelneem. Sewe uit die agt dogters het vir die eerste keer binnehuis-hokkie gespeel, wat hierdie prestasie nog meer besonders maak. Ons sien met groot opgewondenheid uit na wat die dogters volgende jaar in ’n hoër liga sal bereik.
Skaaknuus
Aiden Kruger en Kyle Meissenheimer het die naweek by HTS Oude Molen aan die WP District Central Schools Chess Individual Trials 2026 deelgeneem. Hierdie kompetisie bestaan uit 6 rondes wat op 7 en 8 Februarie 2026 plaasgevind het. Kyle Meissenheimer is tweede geplaas in die o.15-afdeling en Aiden is eerste in die o.17-afdeling geplaas.
Baie geluk aan hierdie twee Jan van Riebeeckers!
Swemuitslae: 6 Februarie
- Milnerton B: 109 punte
- Settlers: 105 punte
- JvR: 101 punte
Swemnuus
Atletiekprestasie: Tafelberg Sone Interskole Atletiekbyeenkoms
Alexia Olivier presteer by Internasionale balletkompetisie
Alexia Olivier het in Desember 2025 aan ‘n Internasionale balletkompetisie in Barcelona deelgeneem. Sy was een van vier dansers van Suid-Afrika. Daar was ongeveer 600 deelnemers van regoor die wêreld. Behalwe dat dit ‘n ongelooflike ervaring en leerskool was, het hul trio 2de plek behaal in die “small ensemble” afdeling en beide hul trio en duet is uitgenooi om deel te neem aan die finale rondte in Houston, Texas! Die kompetisie word regdeur die jaar in verskillende lande gehou en dansers word uitgenooi deur die beoordelaars na die finale rondte vir daardie jaar.
Alexia het ook 2 beurse ontvang na die Alberta Balletskool in Calgary, Kanada. Sy het ‘n beurs gekry vir hul “Summer intensive” asook ‘n korttermyn studiebeurs op hul pre-proffessionele program.
Baie geluk Alexia ons is ongelooflik trots op jou!
Hokkiedogter begin 2026 met geskiedenis!
Vir die heel eerste keer in Hoërskool Jan van Riebeeck se geskiedenis neem ons deel aan die WP Binnehuishokkieliga. Ons hokkiedogters het op 21 Januarie 2026 hul debuut in die 8ste liga gemaak — en wát ’n begin! ’n Puik 2–1 oorwinning teen St Cyprian’s.
Baie geluk aan Jana Maree wat albei doele aangeteken het. Ons is ongelooflik trots op hierdie span en sien met groot opgewondenheid uit na wat die seisoen nog gaan inhou.
Southern City League Bergfietsbyeenkoms: Dinsdag 27 Januarie
-
Altus van Niekerk – 5de plek
-
Cara Swanepoel – 7de plek
-
Dino Burger – 18de plek
-
Werner Seraphim – 22ste plek
-
Johannes Muller – 25ste plek
Trinity Rock & Pop uitslae 2025
- Stephan Malan Graad 5 Tromstel – Eervolle Vermelding: 85%
- Kai Allewell Graad 4 Tromstel – Lof: 89%
- Liam Botha Graad 5 Tromstel – Lof: 90%
Aksienetbal
- Bea Orffer – ingesluit in die o.19A-span
- Jana Olivier – ingesluit in die o.15A-span
- Michaan Naylor – ingesluit in die o.15B-span





