Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
In kwartaal 3 gaan die debatspanne weer verskeie geleenthede kry om aan debat deel te neem. Ons eerste kompetisie is teen Hoërskool Stellenbosch by die JVR/Stellenbosch Kultuurdag op Vrydag, 1 Augustus, te Stellenbosch. Een senior- en een ...
Alle ouers en leerders bo die ouderdom van 16 jaar word uitgenooi om saam te kom bloedskenk op Vrydag, 25 Julie 2025 in die skoolsaal.
Ons opwindende talentkompetisie, Sterrejag, is weer vanjaar deel van Afrikaansweek en vind op Donderdag, 7 Augustus plaas. Inskrywings is reeds op die eerste dag van die derde kwartaal (22 Julie) oop en oudisies sal kort daarna plaasvind - hou ...
Indien ouers enige skoon handoeke en/of lappe het wat ons in die kunsklas kan gebruik, sal ons dit baie waardeer. Lewer hierdie items asseblief by ontvangs af.

Katia van Wyk (graad 9), Willem Burger (graad 9) en Bernardo Oosthuizen (graad 8) was onder ’n uitgelese groep leerders uitgenooi na ’n volgende rondte van die UCT Wiskunde-Olimpiade op 14 Junie 2025. Katia van Wyk het verder presteer en was ...
Leerders kan vanjaar weer aan die eBEELD-skryfkompetisie deelneem. Daar is kontantpryse, sowel as die moontlikheid om 'n skryfslypskool by te woon, op die spel.
Leerders kan 'n opstel van hul keuse, wat tussen Januarie en Augustus ...
Oueraand sal op Woensdag, 23 Julie 2025, vanaf 16:00 tot 19:00 by Hoërskool Jan van Riebeeck plaasvind.
Besprekings met onderwysers kan op die volgende skakel gemaak ...
Alle leerlinge wat deelneem aan die Graffiti-Portret werkswinkel op Saterdag, 2 Augustus vanaf 14:00 tot 17:00 moet asseblief voor 15 Julie op Karri betaal. Die kostes vir die werkwinkel is R250 per leerling. Die kostes sluit die materiale vir ...
Ouers en leerders moet asseblief daarop let dat daar 'n verpligte FW-werkswinkel sal wees op Dinsdag 24/06/2025 tot 16:00. Nuwe Graad 12-werk sal behandel word. Die Graad 12-kurrikulum vir FW is baie vol en veeleisend. Daarom is dit tot ...
Daar is 'n verpligte rekeningkundeles, Maandag, 23 Junie van 14:30 - 16:30.
Alle graad 12-rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Die klas word aangebied om leerders voor te berei om ten beste in die vak te presteer. Enige navrae kan aan ...
Kom wys jou kennis en spanwerk!
Maandag, 23 Junie om 17:00 in Juffrou Steyn se klas. Alle grade is welkom.
Die pryse is geskenkbewyse by Café Jan.
Dankie vir die mooi belangstelling vir die basiese noodhulpkurses. Ons jongmense word mooi toegerus om van hulp te wees in die wyer samelewing.
Noodhulp 23-26 Junie 2025
Annabel Drummond gr. 8
Annabelle Koen gr. 9
Carla Snijders ...