Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Ons werk met die ervare maatskappy “Venture Forth International”, wat al vir baie jare kampe vir talle skole aanbied met ’n uitstekende veiligheidsrekord. Hulle fassiliteerders is ervare en gekwalifiseerd. Skole wat hulle gebruik, getuig van ...
Die nasionale POORT-skryfkompetisie sluit vanjaar op Maandag, 16 Februarie.
Inskrywings kos R60 per stuk, en dit kan gedigte of prosa wees. Slegs graad 10 tot 12-leerders of leerders wat in 2025 in matriek was, kan deelneem. Enige navrae kan ...
Alle dogters wat nie verlede jaar die oudisie vir die rasieleiers se "all star girls"-span kon bywoon nie, het eerskomende Maandag, 19 Januarie, die geleentheid om 'n oudisie af te lê. Die oudisies vind 15:00-16:00 by die onderste netbalbane ...
Gedurende die kwartaal sal die skoolwinkeltye as volg wees:
Maandae 14:00 - 15:00
Woensdae 07:00 - 07:45
Almal wat nuwe kouse wil koop (alle groottes), is nou beskikbaar.
Alle GRAAD 8 tot 11-leerders wat vanjaar sport of kultuur prestasies buite skoolverband behaal het in aktiwiteite wat nie by die Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied word nie, moet asseblief die onderstaande skakel teen Maandag, 19 Januarie ...
Wie moet almal registreer in 2026?
Neem asseblief kennis dat registrasie noodsaaklik is vir alle leerders/persone wat in 2026 musieklesse by die Welgemeend Skool vir Musiek gaan neem. Dit sluit dus huidige en voornemende musiekstudente ...
Namate ons voorbereiding vir die aanvang van die nuwe skooljaar, wil ons graag duidelikheid gee oor die opdatering van ons WhatsApp-groepe. Die finale oorskakeling sal op Vrydag, 9 Januarie 2026 plaasvind.
Graadgroepe se name word ...
Die skoolwinkel sal in die nuwe jaar op die volgende tye oop wees:
Maandag, 12 Januarie 2026
12:00 - 14:00
Slegs graad 9-12
Dinsdag, 13 Januarie 2026
06:00 - 08:00
Graad 8's en nuwe leerders (Ons gaan slegs die sokkies ...
Dogters mag gedurende Kwartaal 1 van 2026 steeds die wit-en-goud geruite skoolsokkies dra as ’n laaste toegewing in ons oorgangfase.
Ons versoek egter dat die vlootblou skoolsokkies vroeg in Kwartaal 1 aangekoop word, aangesien die wit-en-goud ...
Neem asseblief kennis van die verandering in ons voorkomsreëls, soos goedgekeur deur die beheerliggaam op 2 Desember 2025.
Die haarreeëls vir dogters en seuns word hiermee dus gestandaardiseer.
Geen leerder doen voortaan meer aansoek vir ...

Dis ’n groot plesier om hierdie heerlike personeelresepteboek aan u bekend te stel - ’n versameling disse wat nie net uit ons kombuise kom nie, maar uit die harte van ons personeel.
Dié resepteboek is ’n kleurvolle mengsel van ...

Ons is baie trots op die uitstekende uitslae wat die volgende Hoërskool Jan van Riebeeck-musiekleerders in die UNISA teorie-eksamens en die Trinity College praktiese eksamens behaal het:
Stella Zulch Trinity Graad 2 Tromstel - Lof ...