Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:
Indien daar enige graad 8's of 9's is wat hul Natuurwetenskappe-leerderboek van 2024 aan die skool wil skenk, kan hul dit gerus by me. Roelene van Loggerenberg aflewer. By voorbaat dankie!
Alle leerders wat vanjaar in graad 10 tot 12 is, kan inskryf vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se POORT-skryfkompetisie vir 2025. Leerders se werke kan gekies word om deel te vorm van die POORT-bundel. Die eerste prys ...
Let asseblief daarop dat kooroudisies Woensdag- tot Vrydagmiddag direk na skool in die groot musiekkamer sal plaasvind. Lyste sal Maandag teen eerste pouse by die groot musiekkamer se deur opgeplak wees sodat leerlinge hulle name by oudisietye ...
Ons herinner graad 12-ouers en -leerders aan die matriekinligtingsaand eerskomende Maandag, 20 Januarie, om 18:00 in die skoolsaal. Belangrike inligting vir die jaar word deurgegee. Leerders woon die aand in volledige skooldrag by.
Alle leerders wat tydens 2024 sport of kultuur prestasies buite skoolverband (m.a.w aktiwiteite wat nie deur die skool aangebied word nie) behaal het, moet asseblief die onderstaande skakel teen Maandag, 20 Januarie 2025 voltooi om in ...
Alle ouers van leerlinge wat vanjaar met individuele musieklesse by Welgemeend Skool vir musiek wil begin of voortgaan, moet asseblief die volgende skakel gebruik om voor Maandag, 20 Januarie, vir lesse te registreer. Hierdie is lesse wat teen ...
As gevolg van tegniese probleme moet ons vanaf hierdie jaar 'n nuwe nommer gebruik vir die skool se kommunikasie. Almal kan die ou nommer en groepe verlaat, maar ons sal nog tot Vrydag, 17 Januarie, as oorgangtydperk die ou nommer ook ...
Ons jaarlikse graad 8-11 prysuitdeling seremonie vir 2024 se prestasies vind vanjaar op Woensdag, 29 Januarie 2025, om 08:30 in die skoolsaal plaas.
Alle graad 9 tot 12-leerders, wat kleure, erekleure, spesiale erekleure of spesiale ...
Daar is nog enkele foto's wat bestel is en nog nie opgetel is nie. Dit kan in 2025 by die sportkantoor afgehaal word.
Hiermee die uitnaweke vir die eerste twee kwartale van 2025. Die leerders sal steeds 'n normale skooldag hê asook middagete ontvang voordat hulle vertrek vir die uitnaweke.
EERSTE KWARTAAL
Koshuis oop: Dinsdag, 14 Januarie om 17:00 vir ...
Ons jaarlikse graad 8-11 prysuitdeling seremonie vir 2024 se prestasies vind vroeg volgende jaar op Vrydag 31 Januarie 2025 om 08:30 in die skoolsaal plaas.
Alle graad 9 tot 12-leerders, wat kleure, erekleure, spesiale erekleure of spesiale ...
Alle Jan van Riebeeckers word uitgenooi om die inligting op die onderstaande skakel te voltooi om hul betrokkenheid by die 2024-skoollewe aan te dui. Leerders wat die minimum puntetotaal behaal, word tydens die prysuitdeling volgende jaar met ...