Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    
Bou-‘n-burger Ouerkuier: 12 Februarie

Bou-‘n-burger Ouerkuier: 12 Februarie

Almal weet die pad na jou hart loop deur jou maag ... Ons nooi graag alle ouers en voogde uit om die aand van liefde in Gourmet-styl onder die sterre te vier. Doen-dit-self Gourmet Burger Bou  12 Februarie 2026 ...

Kennisgewing aan ouers

Ouers neem asseblief kennis dat die skool ’n nuwe 5 jaar kontrak met Tytec gesluit het vir 4 kopieermasjiene, met goedkeuring van die WKOD. Dit is reeds deur die SBL en die ouers goedgekeur in die 2026 begroting wat verlede jaar voorgelê is.

Tuis swemgala Donderdag, 22 Januarie,

Ons was bevoorreg om vyf skole by ons individuele gala te verwelkom, dus was al die bane by tye vol wat 'n heerlike gala atmosfeer geskep het.  Dit was ook lekker om 'n swemmer vir elke item op die program die water in te stuur. Ons dogter span ...

Cambridge Eksamens 2026

Die groep leerders wat Cambridge A levels by Hoërskool Jan van Riebeeck neem, se eksamen vir Maths IGCSE, AS en A2 level vind in April en Mei 2026 plaas. Ouers van hierdie leerders het 'n skrywe op 22 Januarie ontvang met inligting rondom die ...
Hokkiedogter begin 2026 met geskiedenis!

Hokkiedogter begin 2026 met geskiedenis!

Vir die heel eerste keer in Hoërskool Jan van Riebeeck se geskiedenis neem ons deel aan die WP Binnehuishokkieliga. Ons hokkiedogters het op 21 Januarie 2026 hul debuut in die 8ste liga gemaak — en wát ’n begin! ’n Puik 2–1 oorwinning teen St ...

Netbal: Openingstoernooi

Volgende naweek neem ons eerstepan aan die DNL-toernooi wat by Hoërskool Fairmont aangebied word deel. Ons nooi almal hartlik uit om die seisoen se openings­toernooi by te woon en ons span te ondersteun. Netbal van hoë gehalte kan verwag word, ...

Netbal Eerstespan

Op Woensdag, 21 Januarie, het 16 meisies aan die proewe vir die eerstespan deelgeneem. Met die ondersteuning van drie eksterne keurders is nege spelers vir die eerstespan vir die 2026-seisoen gekies. Baie geluk aan die volgende meisies met ...
Krieket: Interhuis

Krieket: Interhuis

Die juniors het op Maandag, 26 Januarie, die interhuis-krieket afgeskop. Ná twee opwindende wedstryde het De Goede Hoop in die finaal teen Reijger geseëvier, ondanks die ondersteuning wat mnr. Henning aan Reijger gebied ...

Toetsrooster: Kwartaal 1

Volg die skakel vir die toetsrooster. https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/02/2026-Toetsrooster-Kwartaal-1.pdf
X