Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Rekeningkunde ekstra gr. 12-klasse

Daar is verpligte Rekeningkundelesse op Maandae oggende vanaf 07:00 - 07:45 in me. Meyer se klaskamer. Alle graad 12-Rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Die klas word aangebied om leerders voor te berei om ten beste in die vak te ...

Proverto Olimpiade (Handelsvakke):

Leerders (Graad 10 -12) kan vir dié olimpiade in Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies inskryf.  Daar is ook 'n addisionele komponent wat die UJ FIMO genoem word wat 'n dink "buite-die-boks" olimpiade is. Dit is opsioneel. Leerders kan ...

Wetenskap EXPO 2024

Alle leerders is welkom om aan die 2024 Wetenskap Expo deel te neem. Hul moet hul name so vroeg as moontlik by mev. Turkstra ingee. Volg die skakel vir meer inligting. Inskrywings sluit reeds 19 April 2024 en die eerste rondte is op 4 Mei 2024.

Bloedskenk: 9 April 2024

Ouers en leerders vanaf 16 jaar oud word hartlik uitgenooi om ook saam te kom bloedskenk op Dinsdag, 9 April 2024. Dit is nou 'n kompetisie tussen ons en een van die buurskole, om te bepaal wie die meeste eenhede sal skenk. Plek: ...

Graadsake: Graad 12 skoolbywoning

Ons is baie opgewonde oor die matriekdans wat komende Woensdag, 10 April, plaasvind. Die Graad 12-leerders word die 10de en die 11de April verskoon van die skool. Ons wil ‘n vriendelike versoek rig dat leerders die res van die week skool sal ...

ATKV-DEBAT

Alle deelnemers aan die ATKV-debatkompetisie moet die finale oefening ter voorbereiding van die kompetisie bywoon. WOENSDAG 10 April Graad 10-spanne: 14:20-15:20 Me. Nimmo se klas (graad 8's en 9's kan dit ook bywoon as toeskouers) ...

Spitbraai: 10 April

Die graad 10-ouers nooi elke ouer uit na 'n heerlike spitbraai kuier op 10 April by die skool.  Dis 'n geleentheid om 'n bietjie te ontspan voor die kwartaal behoorlik afskop (en nie kos te maak nie). Die spitbraai kan geniet word saam met 'n ...

Ouerafsprake: kwartaal 2

Veels geluk met al die leerders se mooi prestasies. Leerders se rapporte word vandag aan elke ouer of voog via e-pos gestuur. Dit is tog belangrik dat u as ouer/voog kennis dra van die volgende: Indien ’n leerder afwesig was vir ’n ...

Welgemeend konsert, 17 April 2024

Tweede Konsert in 2024 Welgemeend Konsert Reeks Die tweede aanbieding in vanjaar se Welgemeend Konsert Reeks vind op Woensdag 17 April om 19:00 in die Welgemeend Herehuis plaas. Die kunstenaars is albei Suid-Afrikaners met wye internasionale ...

Swemgala: 7 Maart

Die groot finaal van ons swemseisoen het op Donderdag, 7 Maart by Hoërskool Vishoek plaasgevind. Agt skole, nl. Pinelands, Die Duitse Skool, Vishoek, Reddam, Elkanah, Parklands en Milnerton het vanjaar in die B-liga deelgeneem. Al die skole het ...

Musiekblyspel: Kostuums benodighede

Ons musiekblyspel is om die draai en daar is ń paar karakters wat nog kostuums kort. Indien u dalk lus was vir kaste regpak oor die naweek - sal die musiekblyspel die volgende kledingstukke as skenking baie waardeer: Pencil Skirts 80's ...
X