Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Mayor Science and Innovation Fair

Owen van der Linde het deurgedring na die Top-20 finaliste van hierdie kompetisie. Veels geluk! Die uitstalling vind by die Cape Town Science Centre op Saterdag 14 Oktober om 09h00 plaas . Alle Jan van Riebeeckers is welkom om dit by te woon. ...

Noodhulpvergadering

Alle noodhulpleerders moet asseblief Maandag, 16 Oktober 2023, eerste pouse in Juf. Turkstra se klas bymekaarkom. Ons gaan ‘n nuwe noodhulp-sisteem begin waar jul jul eie graadverteenwoordigers gaan verkies. Sien jul almal daar!

ExtravaJanza-19 Oktober 2023

Hoërskool Jan van Riebeeck is opgewonde om weer ons jaarlikse ExtravaJANza aan te bied, waar die skool se voorste kultuurleerders saam te sien is op een verhoog, in een onvergeetlike vertoning! Kom ervaar ons skool se dansers, sangers, "rock ...

Bloedskenk: Maandag, 23 Oktober 2023

Om te gee, is in ons bloed! Almal wat ouer as 16 jaar is (ouers ingesluit) is welkom om die grootste geskenk te kom gee. Op Maandag, 23 Oktober vanaf 10:30-14:30 kan almal in die skoolsaal kom bloedskenk. Onthou om ‘n groot ontbyt te eet die ...

Kooroefening

Die skoolkoor oefen Maandagmiddag om 14:15 tot 16:00. Hierdie is 'n baie belangrike repetisie vir alle leerders, omdat dit die finale voorbereiding vir ExtravaJANza is.

Atlus van Niekerk presteer by Parkour

Altus van Niekerk het tydens die Septembervakansie aan die SA-parkourkompetisie in Rivonia, Johannesburg, deelgeneem. Altus behaal die eerste plek in sy afdeling: Vlak 6:13-14 jaar. Sy uitslae is as volg: Freestyle: 27 sekondes (1ste ...

Huis Jordaan hou kersete

Wat ‘n voorreg om vir oulaas as Huis Jordaan-familie saam te kuier in die Welgemeend en dié ongelooflike jaar af te sluit voor ons matrieks met eksamen begin. Die verrigtinge was eg tradisioneel, stylvol en een om te onthou. Huis Jordaan is ...

Peet Karsten presteer

Peet het gedurende die vakansie aan die Cape Town Grand Prix TSA toernooi deelgeneem in die mansafdeling. Hy wen al sy 4 wedstryde en die algehele mansafdeling deur sy opponent in die finaal te klop 7-5, 6-4.

Huis van der Merwe Braai

Die manne van Huis Van der Merwe het Woensdag middag die perfekte aand gekies om bietjie touchrugby te speel terwyl daar ook gebraai is.  'n Heerlike manier om die kwartaal af te sluit.  Die roggies het self voor gevat, gereël, vure aangesteek ...

Bergfietsry

Ons maak gewoonlik die uitslae van kompetisies waaraan deelgeneem word bekend, maar bergfietsry is veel meer as net die kompetisies, dis amper 'n lewenstyl by Hoërskool Jan van Riebeeck.  Elke Dinsdagmiddag en sommige Donderdae geniet ons die ...

3de Kwartaal rapporte

Leerders se rapporte is vroeër vandag aan elke ouer of voog via e-pos gestuur. Baie geluk met die leerders se puik prestasie. Ons is werklik trots op uitstaande uitslae die afgelope kwartaal. Dit is tog belangrik dat u as ouer/voog kennis ...

Atletiekuitslae: 23 September 2023

Op Saterdag, 23 Septemer, het verskeie van ons atlete aan die Fairmont/UWC Top 15 atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hier volg hul uitslae: Dogters o.14 Helene Greeff 200m: 15de uit 21 400m: 11de uit 16 Erica Marais ...
X