Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!
Volg ons ook hier:

Katia van Wyk (graad 9), Willem Burger (graad 9) en Bernardo Oosthuizen (graad 8) was onder ’n uitgelese groep leerders uitgenooi na ’n volgende rondte van die UCT Wiskunde-Olimpiade op 14 Junie 2025. Katia van Wyk het verder presteer en was ...
Leerders kan vanjaar weer aan die eBEELD-skryfkompetisie deelneem. Daar is kontantpryse, sowel as die moontlikheid om 'n skryfslypskool by te woon, op die spel.
Leerders kan 'n opstel van hul keuse, wat tussen Januarie en Augustus ...
Oueraand sal op Woensdag, 23 Julie 2025, vanaf 16:00 tot 19:00 by Hoërskool Jan van Riebeeck plaasvind.
Besprekings met onderwysers kan op die volgende skakel gemaak ...
Alle leerlinge wat deelneem aan die Graffiti-Portret werkswinkel op Saterdag, 2 Augustus vanaf 14:00 tot 17:00 moet asseblief voor 15 Julie op Karri betaal. Die kostes vir die werkwinkel is R250 per leerling. Die kostes sluit die materiale vir ...
Ouers en leerders moet asseblief daarop let dat daar 'n verpligte FW-werkswinkel sal wees op Dinsdag 24/06/2025 tot 16:00. Nuwe Graad 12-werk sal behandel word. Die Graad 12-kurrikulum vir FW is baie vol en veeleisend. Daarom is dit tot ...
Daar is 'n verpligte rekeningkundeles, Maandag, 23 Junie van 14:30 - 16:30.
Alle graad 12-rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Die klas word aangebied om leerders voor te berei om ten beste in die vak te presteer. Enige navrae kan aan ...
Kom wys jou kennis en spanwerk!
Maandag, 23 Junie om 17:00 in Juffrou Steyn se klas. Alle grade is welkom.
Die pryse is geskenkbewyse by Café Jan.
Dankie vir die mooi belangstelling vir die basiese noodhulpkurses. Ons jongmense word mooi toegerus om van hulp te wees in die wyer samelewing.
Noodhulp 23-26 Junie 2025
Annabel Drummond gr. 8
Annabelle Koen gr. 9
Carla Snijders ...
Die skoolwinkel sal vanaf volgende week gesluit wees en eers weer op Woensdag, 23 Julie, om 7:00 die oggend oop wees.
Baie dankie vir u ruimhartige ondersteuning van al ons Eeufees-projekte!Ons is ongelooflik opgewonde oor die dinamiese inisiatiewe waarmee ons besig is om HJVR se eeufees ’n ware bakenmoment in ons geskiedenis te maak. Elke bydrae – groot of ...
YFU is tans op soek na gasgesinne vir internasionale uitruilleerlinge uit Duitsland wat vir ’n tydperk van 3 tot 10 maande in Suid-Afrika sal bly.YFU verwelkom gesinne van alle vorms, groottes, kulture en gelowe, en bied omvattende ...
Die Graad 12-groep het 'n verpligte akademiese program op hierdie dae. Normale skoolure sal geld en bywoning is verpligtend. Nuwe werk word in al die vakke behandel. 'n Detail rooster sal beskikbaar wees voor die aanvang van die winterskool.