Nuus
Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus vir Nino van der Merwe by ontvangs@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons bladsy en bly op hoogte!

Van ons skool se senior rugbyspelers en -afrigters het in die week 'n BokSmart-kursus, wat deur Thando Mandla aangebied is, voltooi. Baie dankie aan Francois Therons Snr en Rugby Legends, wat dié inisiatief moontlik gemaak het!

Ons het twee vakatures by Hoërskool Jan van Riebeeck wat gevul moet word.
Skoolhoof se sekretaresse / ontvangsdame (Sien asseblief hier vir meer inligting oor dié betrekking.)
Fondsinsamelaar (Sien asseblief hier vir meer inligting oor ...

Baie geluk aan Adam Liebenberg (regs) en Pieter Huysamen (albei graad 9) wat tot die Junior Stadsraad vir die stad Kaapstad verkies is. Dis 'n streng en moeilike proses en dis nie sommer almal wat die paal haal nie. Ons is baie trots op dié ...

Die WP-kampioenskappe in Tweekamp is op 27 Februarie in Parow gehou en ons leerders het goed presteer. Mienke Herbst (o.15) het met 2094 punte 'n vierde plek in haar ouderdomsgroep behaal, Dylan Keyser (o.19) behaal 1841 punte en Daniël Wiese ...

Baie sterkte aan al die atlete wat op Vrydag 28 Februarie aan die WP-Kampioenskappe deelneem. Ons hou duimvas vir goeie resultate!

Kyk gerus na ons bemarkingsvideo!
https://www.youtube.com/watch?v=LQuow3l9w6U

Die leierskapskemerkelkie van 2020 was ‘n heerlike geleentheid vir die skool se leiers om bymekaar te kom, mekaar beter te leer ken en saam te droom. Die Matriekraad se leuse, LEGO, is bespreek uit die oogpunt van die verteenwoordigers van elke ...

Mnr Geruan Geldenhuys is 'n wonderlike ambassadeur vir ons skool. Luister gerus by die onderstaande skakel na 'n onderhoud wat hy op Perron FM gevoer het en gaan deel dit op jou muur!
https://www.youtube.com/watch?v=jUcOaSmZU9o

Die voorseisoenoefeninge het reeds hierdie week afgeskop. Ons probeer oefeninge afwissel met lekker interessante roetes! Ons daag alle Jan van Riebeeckers uit om hierdie jaar hulle hardlooptekkies aan te trek en te beweeg. Alle ervare en ...

Ons skoolhoof, mnr André Franken, tree einde Maart uit die onderwys. Deel gerus die advertensie met enige belangstellendes en potensiële kandidate.

Ons is dringend opsoek 'n afrigter vir ons eerste span. Het jy dalk ervaring of ken jy iemand wat kan help? Loer hier vir meer inligting.

Noudat die atletiek en Valentynsbal verby is, moedig ons leerders aan om van die Intervensieklasse gebruik te maak indien nodig. Kliek hier vir die eerste kwartaal se rooster.