Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

‘n Opwindende Geleentheid vir Alle Graadgroepe!

Ons tel opgewonde die dae af na ons ongelooflike markdag! Hierdie jaar gaan ons elke graad nóg meer betrek om deel van die dag te wees en om saam te werk om die dag 'n groot sukses te maak. Elke graad sal verantwoordelik wees vir 'n stalletjie, ...

Gr 9-vakkeuses

Na vele nadenke is daar besluit om met die derde voorgestelde vakkeusegroepe vir 2026 voort te gaan. Dit lyk asof hierdie kombinasie vir die meeste van ons leerders gaan werk. Daar is ongelukkig nooit 'n perfekte kombinasie nie en sommige ...

Tussentydse Beheerliggaamverkiesing

Dit spyt my om u mee te deel dat ons huidige beheerliggaamvoorsitter, mnr. Kees Snijders, die besluit geneem het om te bedank. Ek respekteer egter sy besluit ten volle en wil hom graag namens die hele skoolgemeenskap bedank vir die ongelooflike ...
LENTE(SOMER)SOKKIE

LENTE(SOMER)SOKKIE

Die Somer is hier - Dis tyd om te sokkie! Die Graad 10-groep bied aan: SON, SEE, SAND ... SKUIM!! Jip, jy't reg gehoor -SKUIMsokkie! Merk die datum: 23 Oktober 2025 Tyd: 18:00-22:00 Drag: Strand "cover-up" Kaartjies NOU beskikbaar ...
Bult jou idioomspiere met ATKV-Digi-Idiome

Bult jou idioomspiere met ATKV-Digi-Idiome

Is jy ’n voorsêer met sêgoed? Is jy gekonfyt in Afrikaanse gesegdes, idiome, spreekwoorde en vergelykings? ATKV-Digi-Idiome gee jou die geleentheid om jou kennis van Afrikaans se beste sêgoed in ’n prettige speletjiesformaat ten toon te ...
JanTeater

JanTeater

#JanTeater bied aan ons leerders en hele skoolgemeenskap die geleentheid om die baie gewilde Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat by Theatre on the Bay (in Kampsbaai) te gaan kyk wanneer Pieter Toerien & LAMTA vir ’n tweede seisoen ...

Program vir laaste week: 29 Sep – 3 Okt

Hier volg die program vir laaste week (29 September tot 3 Oktober) vir die kwartaal: Graad 12: Maandag - Puntekontrole - Dag 1   (Musiekleerders word onttrek vir Eksamen) Dinsdag tot Donderdag - Lenteskool volgens aangehegte ...
Kaptein Jan wil braai!

Kaptein Jan wil braai!

Van ’n kraakvetjie op die kole tot ’n sappige steak of ’n geurige sosatie – ons het dit vir jou! Oudleerder Albie Carstens en ons vriende van Cartol het 2 unieke braaipakke vir ons saamgestel om fondse vir die 2026 wintertoere in te ...
Witrokdag Blommebestellings

Witrokdag Blommebestellings

Matrieks Voor jy jou oë uitvee, skryf jy jou laaste eksamen, eet jy jou laaste pousetoebie en waai jy geklee in wit die skool vaarwel. Witrokdag is om die draai! Ons weet julle is voos na die Rekordeksamen daarom haal ons die dinkwerk uit ...

Graad 11 Fisiese Wetenskappe

Alle Graad 11 FW-leerders word vriendelik herinner aan die FW-werkswinkel oor Organiese Chemie op Dinsdag, 30 September 2025 vir 07:45 - 14:15.

Graad 12-Lenteskoolprogram

Volg die skakel vir die Lenteskoolprogram. Alle graad 12-leerders moet dit asseblief bywoon. https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/09/Graad-12-Lenteskool-2025.pdf

Graadkampe 2026

Volg die skakel vir 'n belangrike skrywe oor ons 2026-graadkampe vir u aandag. https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/09/JVR_GRAADKAMPE_2026.pdf  
X